Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Rugbyklub se o.20’s in finaal

Paarl Rugbyklub se o.20’s in finaal
 
2009-08-27


PAARL RUGBYKLUB se o.20-span het Saterdag op Hoërskool Gimnasium se veld vir Hamiltons met 39-12 geklop in ’n halfeindstryd van WP se o.20 kompetisie.

Met dié puik oorwinning het die span, wat onoorwonne is vanjaar, tot die eindronde van die o.20-kompetisie deurgedring.

Paarl moes in die eerste helfte hard veg teen ’n baie sterk Hamiltons-span, waar veral die besoekers se pak voorspelers Paarl se manne laat les opsê het.

Paarl het egter hul man gestaan en was rustyd met 9-7 voor, ná drie strafdoele deur die kaptein, Louis Schlechter en ’n drie deur Hamiltons.

Ná rustyd het Hamiltons hul voorspelers met reserwes versterk en met ’n verwoede aanslag vorendag gekom. Paarl se span het egter kalm gebly en uitstekend verdedig.

Die wending in die wedstryd het gekom toe Paarl se loskopstut, Emile de Wet, ’n bal op die halflyn afgestorm het, dit opgepik het en 45 meter doellyn toe genael het vir ’n verdoelde drie.

Kort daarna het Paarl se senter, Martin Verhoeven, langs die pale gaan druk.

Darryl Heyns was verantwoordelik vir Paarl se laaste drie in die finale minute, ná ’n mooi breekslag om die skrum.

Schlechter het al die drieë verdoel en twee strafdoele behaal, met die plaasvervanger-heelagter, Leroi Theron, wat ’n langafstand-strafdoel bygedra het.

Paarl speel eerskomende Saterdag om 14:30 op Hoërskool Gim se veld in die finaal teen UK.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za