Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Streek-uitklop op Dal

Streek-uitklop op Dal
 
2009-08-27


DIE jaarlikse Paarlstreek Uitkloptoernooi, in samewerking met die WPRFU, word aangebied vanaf 5 tot 19 September op die Daljosafat Sportgronde.

Die loting vir die eerste ronde het heelwat opskudding veroorsaak, met die finaliste van 2008 wat mekaar in die eerste ronde pak.

Young Standards, die uitklopkampioen van 2008, pak Young Gardens. Laasgenoemde sal hul loesing in die 2008 finaal wil wreek.

In ’n tweede wedstryd pak die ‘tradisionele derby’-spanne van Riverstones en Violets, vir die tweede agtereenvolgende jaar, mekaar.

Laer Paarl pak die 2008 Paarlstreek liga-kampioen, Windmeul United, terwyl Allandale en Simondium sake sal uitspook in die ander eerstespan-wedstryd.

Die wenners van dié onderskeie wedstryde dring deur na die bekersemi-finaal en die verloorders na die plaatsemi-finaal. Dié wedstryde sal op 12 September plaasvind.

Die tweede spanne se divisie sal self interessante wedstryde oplewer, met die onoorwonne Gardens wat Violets aandurf. Standards pak Riverstones met Windmeul teen Simondium en Pêrel United teen Laer Paarl.

By die derde spanne pak Standards vir Violets, Windmeul pak Laer Paarl, Pêrel United pak Gardens en Simondium pak Stones.

Die junior-wedstryde begin 10:00 op die Daljosafat-stadion: (o.12’s) Violets vs Standards; Simondium vs Garden; Riverstones vs Laer Paarl; Windmeul vs Allandale; (o.14‘s) Violets vs Simondium; Windmeul vs Riverstones; Allandale vs Standard; Gardens vs Laer Paarl; (o.16’s) Simondium, Windmeul, Riverstones, Allandale, Standards, Laer Paarl en Gardens sal sake uitspook.

Alle finale vind plaas op 19 September..

Enige persone of instansies wat ’n finaal wil borg, kan vir Kevin Benjamin kontak by 021-947-4964.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za