Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kavaliers wéér gepootjie

Kavaliers wéér gepootjie
 
2009-08-27

Jaco van Wyk

SATERDAG was dit weer dieselfde ou storie vir die Boland Kavaliers in vanjaar se Curriebeker rugbyreeks - oomblikke van belowendheid in die eerste helfte, gevolg deur ’n alleenstryd deur hul opponente in die tweede.

Dié keer het die Vrystaat Cheetahs egter, op Bloemfontein, die Kavaliers reeds in die eerste vyf minute twee keer teen die grond gehad, met briljante drieë deur die voormalige Bolanders, Hennie Daniller en Jongi Nokwe.

Die Kavaliers het uiteindelik met 8-59 die knie gebuig, nadat hulle rustyd reeds ’n 8-26 agterstand gehad het.

Nokwe het uiteindelik vier keer agter die Wynboere se doellyn gaan kuier, met Daniller wat twee vyfpunters ingesamel het.

Frans Viljoen, Jacques-Louis Potgieter en Wian du Preez was verantwoordelik vir die Cheetahs se ander drieë, terwyl Potgieter vier doelskoppe en Louis Strydom drie doelskoppe bygevoeg het.

Hierteenoor was ’n drie deur Boland se Cornal Hendricks, en ’n strafdoel deur Justin Peach, nie naastenby genoeg om enigsins ’n sê in dié wedstryd te gehad het nie.

Vrydag kom die Kavaliers teen die Luiperds te staan op Potchefstroom - die enigste span teen wie hulle tot dusver kon afreken in vanjaar se Curriebeker-kompetisie. Die wedstryd skop om 19:10 af.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za