DIE probleem van dooie boomstompe by die Wellingtonse Voortrekkerterrein) is reeds op 3 Augustus 2005 onder die Drakenstein Munisipaliteit se aandag gebring.
Die boomstompe is eers sowat drie jaar later verwyder – teen daardie tyd het die skade in elk geval tienvoudig vererger.
Wat skade aan eiendomme betref, is dit maklik vir Drakenstein om te skuil agter nuwe wetgewing, maar wie het in die eerste instansie ontwikkeling op die oewers toegelaat?
As dit nog twee jaar gaan duur om ’n impakstudie te doen, sal skade aan verskeie eiendomme onherstelbaar wees. Dringende tussentydse maatreëls is nou nodig - nie net sandsakke nie!
Charl Tomlinson