TWEE mans (vermoedelik van Noord-Afrika) het onlangs by my dogter se winkel in ’n sentrum in Paarl-Oos ’n pakkie chips kom koop en met ’n R100 noot betaal.
Toe sy hulle kleingeld gee, vat hulle die kleingeld maar, vra toe skielik die R100 noot terug en sê dat hulle wel kleingeld vir die chips het.
Alles het baie vinnig gebeur en die mans is toe daar weg met hulle oorspronklike R100 noot en die kleingeld van die R100.
Ek wil net mense waarsku teen hierdie tipe bedrog, veral by klein besighede. Hou jou oë oop!
Paarliet