Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Hospitaal se ongevalle baie besig

Paarl Hospitaal se ongevalle baie besig
 
2009-09-03


IN antwoord op die klagte “Swak diens by Ongevalle” wil ek graag verduidelik hoe die stelsel by Ongevalle werk.

’n Pasiënt kom in, maak ’n lêer oop en word dan deur die triage verpleegster gesien. Triage is ’n proses waar ’n pasiënt ondersoek word en geprioritiseer word om behandel te word.

Indien ambulanspersoneel ’n pasiënt inbring, of ’n pasiënt duidelik ernstig siek is, word die pasiënt direk na die behandelingskamer geneem en die lêer word daarna eers oopgemaak.

In die afgelope paar weke het Paarl Hospitaal ’n taamlike toeloop van pasiënte ervaar. Saterdag 15 Augustus en Sondag 16 Augustus is elke dag gemiddeld 165 pasiënte in Ongevalle gesien.

Teen 13:00 Sondag was daar 50 wagtende pasiënte waarvan 34 kinders was. Die meeste kinders was koorsig, maar het kleiner probleme gehad en is huis toe nadat hulle medikasie ontvang het.

Terwyl die betrokke baba in die wagkamer gewag het, het die moeder glad nie die baba aan ons verpleegsters kom wys of kom noem dat sy bekommerd voel oor die pasiënt nie.

Net na 18:00 is dit egter onder hul aandag gebring. Sy is ondersoek en dadelik deurgelaat na die dokter toe vir verdere behandeling, waarna sy toegelaat is in die kindersaal en na twee dae se behandeling ontslaan is.

Ons is tans besig om die proses in Ongevalle te herevalueer en sal moontlik eersdaags die sisteem verander sodat pasiënte getriage word, voordat lêers oopgemaak word, sodat dié tipe voorval voorkom kan word.

So ’n verandering in die sisteem gaan weer ander negatiewe gevolge het wat ook eers goed deurdink en beplan voor moet word.

Volgehoue opleiding vir verpleegsters in die triage-sisteem word ook beplan, omdat personeel oor ’n tydperk verander en nie almal so bekend met die sisteem mag wees nie.

Die verpleegsters en ander personeel word gereeld op “Batho Pele” kursusse gestuur om beter menseverhoudinge te handhaaf.

Ten slotte wil ek u meedeel dat ons by Paarl Hospitaal alles in ons vermoë doen om ons gemeenskappe te verstaan, en ons het empatie vir die lang wagtye van pasiënte, maar dit is ’n werklikheid wat ons op die beste manier probeer hanteer.

Ek doen graag ’n beroep op die gemeenskap om vir ons te help om hierdie situasie te bestuur deur nie ongevalle te besoek met klein of nie-ernstige siektes nie. Dit is juis wat bydra tot lang wagtye waar die meer siek pasiënte langer moet wag om die nodige behandeling te ontvang. Mense kan ook ’n private geneesheer konsulteer of Medicross of MediClinic besoek.

Die verpleegpersoneel en dokters by Ongevalle doen eintlik uitstekende werk onder uiters moeilike omstandighede. Ek het groot waardering vir die opofferinge wat hulle maak vir die gemeenskap en die diens wat hulle lewer. Dr Breslau Kruger (SMS) Paarl Hospitaal




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za