Kry jou sake weer in plek
2009-09-03
ARBEIDSBEDIENING in Wellington en Paarl bied op 16 September om 19:00 op Diemerskraal ’n spesiale aand vir sakemanne en -vroue aan met as spreker dr Mario Denton, wat gaan praat oor “Van Teerpad na Gruispad na Kruispad”. Dit handel oor die herbelyning van jou organisasie se prestasie- en mensebestuurstrategie in veranderde tye. In die huidige ekonomiese krisis waarin ons onsself bevind, is dit noodsaaklik om bemagtig te word aangaande die beste praktyke wat ons kan volg tydens krisisse. Wat is die kontrak vir sukses en wysheid wat werk? Dr Denton is die Crown Financial Ministries Marketplace programdirekteur vir Afrika, en Afrika Direkteur vir FCCI (The Fellowship for Companies for Christ International). Kry kaartjies (R65) by Johan Crous 021-873-7024 of 072-289-0842.
More
News
|