Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Plaaswerkers van die Jaar aangewys

Plaaswerkers van die Jaar aangewys
 
2009-09-03

Devidean Moses

’n PERSONEELLID van Lelienfontein op Wellington, Rita Andreas, het vanjaar die Plaaswerker van die Jaar-toekenning vir die Bergrivierstreek uit ’n totaal van 144 inskrywings weggeraap. Sy is Senior Personeelbestuurder van Lelienfontein Wingerdkwekery en Jannie Bosman Boerdery.

Andreas is op die plaas van die Bosmans gebore en het haar loopbaan as ’n algemene werker in die wingerd begin. Sy het elke geleentheid waar seminare en kursusse in menseverhoudinge aangebied is, aangegryp om haar werksposisie te verbeter.

Rita, ma van twee, is getroud met Cornelius en is ook die sleutelfiguur vir 250 werkers. Sy tree ook op as skakelbeampte tussen senior personeel en die hoofbestuurder.

“Ek het aanvanklik gedroom om altyd ’n onderwyseres te word, maar die Here het anders besluit. Ek is geseënd om met mense te kan werk,” het sy gesê. “Ek is die bewys dat elkeen met harde werk kan uitstyg.”

Sy streef na ’n gelukkige plaasgemeenskap waar almal floreer. Sy het die ander deelnemers gemotiveer om alles wat hulle doen met sukses aan te pak en in hulself te glo.

Andreas se dryfkrag om hard te werk en ’n verskil te maak in die lewe van ander, skryf sy toe aan die motivering van haar kollegas, gemeenskap asook die eienaars en bestuur van die plaas.

“Ek is trots om ’n plaaskind te wees wat nie hoef terug te staan vir stadskinders nie.”

Die ander kategoriewenners was Izak Thomas van Lelienfontein (Algemene Werker), Gerlene Small van Rennie’ Farms (Administratiewe Personeel), André Manuel van Bonathaba (Besproeiing Spesialis), Tom Fredericks van Bonathaba (Tegniese Operateur), Charlene Ferreira van Groenfontein (Spe­sia- liswerker), Pieter Skermand van Eden (Trekkerdrywer), en Gavin Andrews van La Ferme Derik (Junior Bestuur).

Landbou Minister Gerrit van Rensburg het gesê: “Om ’n werknemer in die landbou te wees is ’n spesialis beroep wat vir geen ander beroep hoef terug te staan nie.

“Ons het eintlik lankal nie meer plaaswerkers nie, maar landbouers wat van deurslaggewende belang vir ons bedryf is. Die doel van die kompetisie is dan ook om erkenning te gee aan die mense wat uitstaan as landbouers in ’n kompeterende landboubedryf.”

Die kompetisie is gereël deur die Bergrivier Tafeldruif Produsente Vereniging (BTPV), en die Landbouverenings van die Paarl en Wellington, Dept Landbou, Sanlam en BASF.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za