’n PUBLIEKE vergadering met die oog op die stigting van ’n skool vir outistiese kinders in die Paarl word beoog op Donderdagaand 10 September om 19:00 in die saal van die NG Kerk Denneburg.
Die spreker is Christelle Pentz, wat sielkundige dienste lewer by die TC Newman Hospitaal.
Belangstellendes is welkom om die vergadering by te woon. Vir navrae, skakel Titus Hendricks by 074-103-5020.