RUSOORD tehuis vir bejaardes in die Paarl hou Saterdag hul tweede rolstoel-pretrit.
Daar sal ’n pretrit van onderskeidelik 2 km, 5 km of 7 km wees. ’n Assistent kan gebruik word om die rolstoel te stoot en daar is geen ouderdomsbeperking. Moeders met babas in stootkarretjies word ook aangemoedig om deel te neem.
’n Beroep word op die gemeenskap gedoen om hulp te verleen in die vorm van aanry van deelnemers en die borg van inskrywingsfooie. Kontak Anna-Marie Geldenhuys by 021-872-1982.