OP Woensdag 23 September sal die Hoofstraat tussen Elizabeth-, Berg- en Haarlemstraat gesluit wees van 08:00 tot 06:00 die volgende oggend vir die Bovril Langtafel-dinee waarmee die Cultivaria open.
Inwoners wat gebruik maak van Berg- en/of Haarlemstraat word nie geraak nie en permitte sal uitgereik word aan inwoners van die geslote gedeelte van Hoofstraat wat beheerde toegang sal hê.
Die Feesbestuur bedank alle inwoners wat reeds die afgelope drie jaar hul samewerking vir die glansaand verleen. Sou dit reën sal alle reëling verskuif na Sondag 27 September en sal alle tye dieselfde bly.