Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paulus te goed vir NP

Paulus te goed vir NP
 
2005-08-25


’n PAAR duisend toeskouers is Saterdag vermaak met aantreklike rugby tydens die derby-kragmeting tussen Paulus Joubert en Noorder-Paarl sekondêre skole in die Paarl.

Paulus se eerste rugbyspan was ietwat beter in dié wedstryd en hulle wen welverdiend 26-19.

Paulus, wat vanjaar sy 40ste bestaansjaar vier, het as gunsteling op die veld gedraf veral ná goeie oorwinnings oor New Orleans, Klein Nederburg en Charleston Hill.

’n Kenmerk van die wedstryd was die goeie aanvalle deur albei agterlyne.

Die wedstryd het teen ’n geweldige tempo afgeskop, met NP wat verwoed aanval.

Ná ’n vinnige tikskoppie het Shane Simonse (agsteman) Paulus se verdediging oorhoeks betrap en onder die pale gaan druk.

Kort hierna slaan Paulus terug met ’n lang strafskop deur sy losskakel, Bradwell Swartz.

Die Paulus-springers wen ’n goeie lynstaanbal wat na die agterlyn afgevoer word en senter Leswin Williams gaan druk.

Paulus gee die tellinghouers ’n rukkie later weer werk toe Alrich Armenville (agsteman) ook in die doelgebied gaan kuier om die rustydtelling 16-7 te maak.

In die tweede helfte was dit weer Paulus wat eerste punte aangeteken het, toe die heelagter, Fernando Abrahams, ’n goeie agterlynbeweging afrond en gaan druk.

Noorder-Paarl veg egter terug en ná goeie spel deur veral die voorspelers, duik die stut, Wesley Domingo, in die hoek oor.

Paulus se manne was egter nog honger en die woelige vleuel, Brent Newman, verleng hul voorsprong met ’n drie in die hoek.

NP se plaasvervangers het meer vuur aan die span verskaf en veral toe Paulus drie spelers met beserings van die veld moes haal, het NP verwoed aangeval.

Hul moeite is beloon toe Jonathan Kuun (vleuel) sy drie kry. Dit was egter te min, te laat.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za