Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bedrog van R30 miljoen ontbloot

Bedrog van R30 miljoen ontbloot
 
2009-09-03


n MULTI-MILJOEN rand reis-bedrogspul is die afgelope week oopgevlek.

’n Buitelandse sindikaat het waarskynlik R30 miljoen in hul sak gesteek hiermee.

Die groep, wat bestaan uit twee mans en een vrou waarvan ten minste een ’n Nigeriër is, het hulle voorgedoen as reisagente.

Hulle het reisigers, onder meer mense van Paarl-Oos, belowe dat hulle baie goedkoper vliegkaartjies deur hulle kan koop.

Niksvermoedende kliënte moes toe geld in- betaal in ’n Money Market rekening by Shoprite/Checkers, om die kaartjies te bespreek.

Hierna het die swendelaars vir hulle telefonies vlugnommers verskaf, maar by verdere navraag by lugrederye, is daar bevestig dat, hoewel die vlugte bespreek is, dit nooit betaal is nie. Ten minste een plaaslike vrou het byna R16 000 hierdeur verloor.

Die saak word verder ondersoek deur die Bellville kommersiële misdaadtak van die polisie. Tans is daar drie verdagtes in hul visier, maar niemand is tot dusver amptelik aangekla nie.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za