Man verkool byna in ongeluk
2009-09-03
Lise Beyers
地 MAN is Saterdagaand byna verkool, toe hy beheer oor sy motor verloor het en dit gerol het buite die Paarl. Die ongeluk het 18:00 plaasgevind toe Ricardo Solomons van Lantana en 地 jong seun op die Swawelstertpad in die rigting van die Sonstraalpad gery het. Solomons het beheer oor die voertuig verloor, waarna dit gerol het. Toe die motor tot stilstand kom, het dit begin brand. Die jong seun is in die proses uit die voertuig geslinger, maar Solomons was steeds vasgekeer in die wrak. 地 Verbyganger het gestop en tot sy redding gekom. Hy het sy arm gebreek, asook brandwonde op sy rug opgedoen. Die seun is slegs vir skok behandel. * 地 Jong man is Saterdagaand dood, nadat hy ernstige kopbeserings opgedoen het tydens 地 bromponie-ongeluk. Calvin Williams (21) van Carterville het volgens ooggetuies omstreeks 21:30 in Voorstraat sonder 地 valhelm gery op 地 Vuka-bromponie. Hy het beheer verloor, deur die lug getrek en sowat 30 meter vanaf die bromponie op sy kop te lande gekom. Hy is na die Paarl Hospitaal geneem met ernstige beserings, maar is later die aand dood. * Nog 地 man is Maandagaand in 地 padongeluk dood. Die bestuurder van 地 bakkie was vanaf Franschhoek na Brackenfell onderweg, toe 地 man voor hom ingeloop het naby die R45. Die voetganger, Abraham Natal (38), is op slag dood, en die bestuurder is lig beseer. * Road accidents once again caused chaos on local roads, leading to the deaths of two people.
More
News
|