Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples trap Tygerberg

Peoples trap Tygerberg
 
2009-09-03


NÁ ’n teleurstellende vertoning verlede week op Pniel, het die Tiere van Young Peoples Saterdag op die Daljosafat-stadion op alle silinders gevuur toe hulle die Tiere van Tygerberg oortuigend met 29-10 geklop het.

Die stryd tussen die voorspelers was verwoed en Young Peoples moes met goeie verdediging telkemale die voorspeler-momentum van Tygerberg breek.

Young Peoples het eerste punte aangeteken toe Francois Julies oorgeduik het vir die Tiere se eerste drie.

Net voor rustyd het Peoples se Piano Express, Lloyd Lewis, met pure spoed oorgeduik vir die Tiere se tweede drie. Die spanne het gaan rus met die telling op 14-3.

Young Peoples het ná rustyd met tempo-rugby die swaar voorpelers van Tygerberg oor die veld gespeel.

Die heelagter, Dominique Daniels, het met vyf strafdoele en twee doelskoppe vir Peoples geslaag. Die vleuel Jacques Lategan het weereens ’n reuse wedstryd gehad.

Verskeie geleenthede om verdere drieë te druk, het egter verlore gegaan.

Die vaste vyf van Peoples het hul man deeglik in die skrums en lynstane gestaan en die tuisspan se verdediging was ook baie goed op dié dag, om die span van Tygerberg van hul doellyn af te hou.

Tygerberg het teen die einde van die wedstryd ’n troosdrie gedruk om die eindtelling op 29-10 te staan te bring.

Peoples se tweede span het 18-16 gewen en die derde span het 0-20 verloor.

Peoples speel eerskomende Saterdag op Evergreens Park, Nieuwedrift, teen Evergreens.

’n Hoenderbraai met slaai teen R20 sal by die wedstryd te koop wees.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za