Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verskeie produksies

Verskeie produksies
 
2009-09-03


DIE legendariese digter Breyten Breytenbach se 70ste verjaardag word op 16 September deur verskeie programme by die Breytenbach-sentrum op Wellington gevier.

Breyten se nuutste bundel, Oorblyfsel/Voice Over, sal op dié dag in die sentrum se teaterkafee, Die Bôrdienghuis, bekend gestel word. Dié bundel noem hy ’n “collage”, getransformeerde ‘variasies’ van die werk van die Palestynse digter Magmoed Darwish, ’n vriend van Breyten.

) Op 17 September om 20:00D is daar ’n vertoning van Buckfever Underground en die Nederlandse sangeres, Leine, teen R50.

) Saterdag 19 September bied die sentrum in samewerking met die ALV en die US Departement Afrikaans en Nederlands ’n dagseminaar aan waar bydraes tot ’n spesiale Tydskrif vir Letterkunde-uitgawe oor Breyten se werke referate sal lewer. Kort dokumentêre films deur Cloete Breytenbach oor Breyten in gesprek met Koos Kombuis, André P Brink en Ampie Coetzee, asook ’n gesprek met Breyten in Katalonië, sal deel uitmaak van dié dagseminaar. Cloete Breytenbach se bekende Distrik Ses-werke sal ook in die sentrum te sien wees.

Die vieringe sluit af met ’n woordkunsproduksie wat deur Juanita Swanepoel saamgestel is. Vir navrae, kontak, 021-873-2786.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za