ONTMOET vir Prinses Babsie en die Virus Detective op Saterdag 12 September om 10:00 by die Ou Meul-teater.
Sy is 地 moderne, klein prinsessie wat nie sonder haar selfoon en haar rekenaarspeletjies kan leef nie.
Maar Prinses Babsie se ma het gehoor van die Varkgriep-virus, en nou voer sy vir Prinses Babsie vitamines en laat haar warm aantrek. 地 Mens kan nooit te seker wees nie!
Maar dan daag 地 ander soort virus op en begin met Prinses Babsie se selfoon en rekenaar lol. Gelukkig is daar altyd 地 goeie Virus Detective wanneer 地 mens een nodig het!
Kaartjies is R35 en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of stuur 地 e-pos na vstemmet@gmail.com. Hierdie tweetalige produksie is die dertiende produksie in Anna Emm se kinderteaterreeks.