Gimnaste kry Bolandkleure
2009-09-03
WYNLAND GIMNASTIEKKLUB se gimnaste het Bolandkleure verower met die pas-afgelope Boland Gimnastiekkampioenskappe (vlak 1 tot 4) in die Bellville Velodrome. Hulle het 12 algehele medaljes ingepalm. Die Boland-span gaan eerskomende naweek aan die Wes-Kaap Kampioenskappe deelneem in die Velodrome waartydens Boland, WP en SWD sake gaan uitspook om ’n span saam te stel wat aan die SA Kampioenskappe in Pretoria gaan deelneem. Die gimnaste van Wynland Gimnastiekklub is Simone Burger, Wilma Pieterse, Eliana Burger, Eugenie Lamprecht, Larissa Burger, Anke van der Merwe, Alexandra Smit, Simone Wepener, Kaylin Schwab, Lizanne Andrag, Marichen van Zyl, Samira Cross, Logan Lawrence en Shura Johnsen.
More
News
|