Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boishaai bo in die Wes-Kaap

Boishaai bo in die Wes-Kaap
 
2009-09-03

Jaco van Wyk

NÁ afloop van vanjaar se rugbyseisoen pronk die eerste rugbyspan van Hoër Jongenskool voor in die koor van die Wes-Kaap se skolespanne.

Onder die afrigting van Elmo Wolfaardt en Richard Visagie, wat vanjaar die eerste keer hul kragte saamgesnoer het, het HJS ’n spogseisoen agter die blad met 18 oorwinnings in 21 wedstryde.

Boishaai se beste vertonings vanjaar sluit oorwinnings in oor Hoërskool Gimnasium, Paul Roos Gimnasium, Waterkloof en Hoërskool Monument.

HJS is ook vanjaar amptelik aangewys as die derde beste skolerugbyspan in Suid-Afrika, met Grey Kollege van Bloemfontein eerste en die einste Monument, vir wie HJS vroeër vanjaar ore aangesit het by die St Johns-toernooi, in die tweede plek.

Hoër Landbouskool Boland, wat self ’n goeie seisoen beleef het met oorwinnings oor HJS en Hoërskool Gimnasium, lê tweede in die Wes-Kaap.

Gim lê in die tiende posisie na ’n sukkel-seisoen, nadat hulle verlede jaar die nommer een span in die Wes-Kaap was.

Ander tradisionele sterk rugbyskole in die Kaap, soos Wynberg, Bishops en Paul Roos, het onderskeidelik 4de, 5de en 6de geëindig in die Wes-Kaap, met Hoërskool Tygerberg wat op verrassende wyse derde geëindig het.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za