Motorbande geteiken
2009-09-10
PAARLIETE wat in die Paarlse middedorp parkeer in Bo-Nuwestraat en Patriotplein, Paarl, het die afgelope twee weke weer deurgeloop onder die lemme van booswigte. Die afgelope twee weke is ten minste drie motors se bande met dun, skerp voorwerpe gesteek. Die kwaaddoener steek vermoedelik die bande met ’n baie dun voorwerp wat dan die band stadig laat afblaas, vermoedelik omdat die eienaars nie parkeergeld aan hom wil betaal nie. Motoreienaars kom dan dikwels eers die volgende dag die skade agter. Al die voorvalle van die afgelope twee weke het laatmiddag plaasgevind, wanneer talle mense die parkeerterrein gebruik om gimnasium toe te gaan. Enigiemand met inligting oor hierdie dade kan die polisie skakel.
More
News
|