Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Berg-projek geloods

Berg-projek geloods
 
2009-09-10


PAARLIETE sal nie maklik vanjaar vergeet nie, want dit sal onthou word as die jaar wat die dorp gebrand het.

Eerstens het die Paarl vir byna drie dae tot stilstand gekom, toe ’n verwoestende brand Paarlberg getref het.

Skaars ’n maand later is die dorp tot in sy fondamente geruk, toe een van die omgewing se vernaamste maatskappye, Paarl Print, in vlamme opgegaan het.

Dertien mense is dood gelaat.

Etlike dae ná die Paarl Print brand, is die Novo vrugteverpakkingsaanleg in Daljosafat ook deur ’n brand in puin gelê.

Dit sal lank neem vir herstel en heropbou. Maar wat weer so gou moontlik opgebou moet word, is selfvertroue en werkgeleenthede vir dié mense wat geraak is. Sowat 800 werknemers van Paarl Print en Novo staar nou werkloosheid in die gesig. Dus het hierdie twee aatskappye nou hul kragte saamgespan om met ’n plan vorendag te kom om nie net werkloses te help nie, maar die omgewing ook.

En die natuurtrots van die Paarl, Paarlberg, wat ook steeds die letsels toon van vanjaar se brande, is geïdentifiseer as die kern van die projek. So is die Paarlberg Projek gebore.

Paarlberg word al baie lank bedreig deur indringerplantegroei wat nie net die natuurlik fynbos bedreig nie, maar ook die gebied van die waardevolle lewensbron, water, beroof.

Die projek sal begin met die aanstelling van werkers wat opgelei sal word om indringerbome te verwyder teen die berg.

Daar word gehoop dat met verdere befondsing en belangstelling die projek kan ontwikkel in die omvattende herwinning van Paarlberg wat die berg se volle toerismepotensiaal kan laat ontwikkel.(meer op bl 9).

* Two local companies who suffered severe losses this year due to fires, are going ahead with a job creation project which wil rid Paarl Mountain of alien trees.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za