Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rowers maak amok

Rowers maak amok
 
2009-09-10

Lise Beyers

DIEWE het verlede Woensdagaand daarin geslaag om met duisende rande te ontsnap, ná ’n waaghalsige inbraak by Fruit & Veg City in Bergrivier Boulevard, Paarl.

’n Goed-georganiseerde groep mans het omstreeks 23:30 toegang tot hierdie varsproduktewinkel verkry deur die dak.

Hulle het die alarmstelsel in die dak gedeaktiveer en deur die plafon gebreek tot in ’n kantoor waar die onderneming se kluise gestaan het.

Plofstof is gebruik om drie kluise op te blaas en al die kontant is geneem.

Hierna het hulle weer deur die dak geklim en toegang verkry tot die winkel, waar hulle ’n kitsbank in die winkel ook opgeblaas het.

Sowat R90 000 in totaal is gebuit.

Die rooftog is eers die volgende oggend ontdek, toe personeel die winkel oopgesluit het.

Fruit & Veg eienaar, Francois Conradie, het gesê dat die diewe presies geweet het wat om te doen en waar alles was.

“Hulle het geweet waar die alarm se beheerboks is, asook waar my kluise is wat kontant in sou hê. Die deur van die kantoor waar hierdie kluise is, word snags gesluit. Hulle het dit geweet en deur die dak toegang verkry.

“Die diewe was ook net agter kontant aan. Geen waardevolle besittings is gesteel nie.”

Vir Conradie was hierdie rooftog byna die laaste strooi wat die kameel se rug gebreek het.

“Die afgelope paar maande het ek erg deur- geloop.

“Hier by die werk word batterye keer op keer uit ons voertuie gesteel. Onlangs was ons die slagoffers van ’n inbraak by my huis naby die oewer van die Bergrivier, waartydens al my vrou se juweliersware gesteel is.

“En kort op die hakke hiervan, is daar by my motor ingebreek, en die hele paneelbord is uitgeruk om die radio te steel.

“Ek is raad-op en weet nie wat in die Paarl aangaan met misdaad nie.”

Niemand is tot dusver in verband met die roof by Fruit & Veg in hegtenis geneem nie.

* Thieves blew up three safes and an ATM in Fruit & Veg City, Paarl, getting away with almost R90 000 in cash.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za