Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples het heelwat om oor te juig

Peoples het heelwat om oor te juig
 
2005-03-17


DIT was ’n naweek van hoogtepunte vir Young Peoples Krieketklub.

Die eerste hiervan was die eerste span se sege oor Pniel Coronations - die eerste keer in vier jaar - en tweedens dat die derde span as die ligakampioene gekroon is.

Peoples I het Saterdag op Pniel vir Coronations tot 165 beperk, danksy vernietigende vorm van die openingsbouler, Henley Julies (6/36).

Peoples kolf met gemak en slaan die wenlopies in die 45ste beurt met nog vyf paaltjies staande.

Kaptein Rupert Bailey (71), Brendon Adams (27) en Edwin Jacobs (21nun) het goed gekolf.

Die derde span het die seisoen op ’n skitterende wyse afgesluit toe hulle vir Paarl op die Parys-veld met 80 lopies geklop het.

Die sege verseker dan ook dat Peoples III die liga wen.

Die besoekers kry 262 danksy groot beurte deur Malcolm Wilson (65), Christo Eksteen (52), Melvyn Jackson (39) en Jehtro de Jager (29).

Paarl begin goed en teken reeds 97/2 aan na slegs 14 beurte. Goeie veldwerk en gedissiplineerde boulwerk deur Marlin Carolissen (4/25) en Wilson (3/38) het egter die Paarl getroef.

Peoples II (209) het op die Parys-veld teen Coronations II verloor.
Ondanks goeie vertonings deur Joshua Cupido (69), Heinrich Dyssel (42), en Wade Anderson (4/41) het die Paarliete met twee paaltjies verloor.

Peoples I en II speel Saterdag albei tuis teen onderskeidelik Hermanus en Oostelikes.

Die Oor 35-spanne van Peoples en Paarl kom Sondag om 10:00 vir ’n tweede keer teen mekaar te staan op Daljosafat. Albei spanne sal hard probeer om die Vriendskapstrofee om hoog te hou. Sondag se wedstryd begin om 10:00 op Daljosafat Stadion.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za