Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bome afsaag

Bome afsaag
 
2009-09-10


’n Geelhoutboom (Podocarpus falcatus) is vandeesweek agter Paarl Web afgesaag waar ’n terrein tans skoongemaak word.

Almal is deesdae bekkig en bekommerd oor die Osoonlaag en die aardverwarming, hoe die yspole en gletsers smelt en die seevlak aan die styg is, maar wat doen ons intussen? Kap bome uit om plek te maak vir ons gaspompende vragmotors om te kan parkeer en draai en laai.

As ons nie iewers sê; genoeg is genoeg, nie, gaan niks gebeur nie. Dis ons klein mensies wat moet begin standpunt inneem en optree.

Ek vertrou dat die maatskappy remediërend sal optree deur minstens ses geelhoutbome op die terrein aan te plant en te versorg vir die volgende 50 jaar. Dis omtrent hoe oud die boom was. En die geelhout is die nasionale boom van ons land!!

Dries Strydom

Colin Pretorius, werksbestuurder van Paarl Web, reageer: Ons was ongelukkig nie bewus daarvan nie dat daar ’n geelhoutboom onder die bome was wat verwyder was op ’n perseel langs die fabriek waar huise gesloop is. Die perseel word nou gelyk en netjies gemaak en daar sal beslis na verfraaiing gekyk word.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za