Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skeepshouers nou kafees

Skeepshouers nou kafees
 
2009-09-10


DIE gemeenskap van Vanwyksvlei, Wellington, is erg bekommerd oor die wyse waarop die munisipaliteit toelaat dat skeepshouers wederregtelik verrys as kafees in ons woonbuurte.

So ’n “container”-winkel het onlangs in Josephlaan verrys nadat ’n Somaliër die huiseienaar glo ’n groot bedrag betaal het vir die reg om die houer voor die huis te laat staan.

Daar is verskeie regulasies wat die oprigting van huiskafees reguleer, en dit is wonderbaarlik hoe hierdie “kafee” die reëls oortree. Eerstens moet die bure verlof gee daarvoor - maar hier het dit nie gebeur nie. Volgens munisipale regulasies vir huis-kiosks mag daar ook nie in geslaap word nie, maar jongmense wat die kafee bestuur woon daar en doen besigheid tot drie- of vieruur in die oggend.

Veral jongmense drom snags daar saam en daar word bespiegel dat dwelms daar verkoop word.

Die goedere wat daar verkoop word, is ontsettend goedkoop - soos R5 vir 20 sigarette. Ek het self ’n huiswinkel en betaal meer as R20 vir 20 sigarette by die groothandelaar. Word hierdie goedkoop sigarette wettig verkry?

Daar is kommer oor die higiëne van die kafee, omdat mense daar woon, en oor die veiligheid van die elektriese bedrading uit die woonhuis.

Die eienaar van die houer het glo 14 ander in die Drakenstein-gebied geplaas.

Ek wil net die inwoners van Drakenstein waarsku dat hulle buurte oorgeneem gaan word deur hierdie “kafees” wat vir hulle net sonde en ergernis gaan bring.

Die kafeebaas teiken arm mense wat sy geld aanvaar, en dan kan hulle nie van dié probleem ontslae raak nie, want hulle kan nie die geld terugbetaal nie. Wees gewaarsku.

Regina Adonis

May Carolissen, munisipale woordvoerder, reageer: Die huiswinkeleienaar het met die toestemming van die grondeienaar ‘n aansoek ingedien vir die bedryf van ’n huiswinkel, in terme van die betrokke Raadsbeleid, vanaf die perseel. ’n Bouplanaansoek is ook ingedien deur die huiswinkeleienaar, met die toestemming van die grondeienaar.

Toestemming van sekere van die omliggende grondeienaars het die aansoek vir die huiswinkel vergesel.

Daar is egter later besware van mense in die omgewing ontvang, waarop ’n petisie ten gunste van die huiswinkel ook ingedien is.

Alhoewel die grondeienaar onder eed versoek het dat die munisipaliteit die skeepshouer, waaruit die huiswinkel bedryf word, moet verwyder, kan daar nie aan so ’n versoek voldoen word nie, aangesien dit die grondeienaar se plig is om die skeepshouer te verwyder.

Aangesien die skeepshouer ’n onwettige struktuur op ’n privaateiendom is, sal die munisipaliteit regtens die grondeienaar moet gelas om die skeepshouer te verwyder of te laat verwyder. Sou die grondeienaar nie hieraan voldoen nie sal die hof versoek word om ’n bevel in hierdie verband te maak.

Ondersoek word tans gedoen ten opsigte van ander huiswinkels in die betrokke omgewing, met verdere stappe wat geneem sal word waar nodig.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za