Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wolbol, Ouma sê ek moenie hartseer wees nie

Wolbol, Ouma sê ek moenie hartseer wees nie
 
2009-09-10


LIEWE WOLBOL, Ouma sê ek moenie hartseer wees nie, dit is nie jy op die foto van die katte op die ashoop in die Paarl Post nie, maar ek weet dit is jy, want ek kan sien ouma het ook gehuil en ek herken jou mooi lang haartjies daar waar jy tussen ander katte lê.

Ek is jammer dat jy so ’n begrafnis gehad het en ’n ruk lank op die munisipaliteit se ashoop tussen al die ander diere gelê het.

Hierdie jaar was nie ons jaar vir katte nie. Eers is Tigger deur ’n motor doodgery, daarna is Bobby en toe Socks dood aan kattevigs, sê oom veearts.

En toe word jy ook siek, maar ouma sê jy was al ’n ou kat en ook ’n baie soet kat. Ouma het jou jammer gekry dat jy so ly en het toe saam met oom veearts besluit om jou aan die slaap te maak.

Oom veearts sou sorg dat jy begrawe word, maar toe beland jy op die ashoop en moes eers wag tot die grond droog word sodat jy begrawe kon word.

Oupa sê hy gaan vir al ons troeteldiere ’n plek regmaak onder hulle suurlemoenboom waar ons al ons diere self kan begrawe. Oupa sê ons kan dan ’n regte dierebegrafnis hou met koek en tee agterna. Ouma sê ek moenie meer hartseer wees nie. Jy is nou op ’n spesiale plek in die hemel, Rainbow Bridge, waar al ons troeteldiere heengaan as hulle doodgaan en vir ons wag tot ons in die hemel kom.

Stuur groete vir Tigger, Bobby en Socks en julle moet lekker speel daar bo in die hemel. Moenie worry nie, Liewe Jesus sal mooi na julle kyk en ek dink daar is ook Whiskas in Sy koskas.

Michelle




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za