Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skaapskeer-kampioenskappe byeen by Agri Megaweek

Skaapskeer-kampioenskappe byeen by Agri Megaweek
 
2009-09-10


SOWAT 1200 skape gaan binne twee dae geskeer word by die Nasionale Skaapskeer- en Wolhanteringskampioenskappe wat van 15 tot 18 September tydens die Agri Megaweek op Bredasdorp gehou gaan word.

Skeerders en wolhanteerders van regoor die land, insluitend die wêreld se top vier skeerders, gaan tydens die kompetisie met mekaar meeding.

Tydens die kompetisie word hanteerders beoordeel op grond van spoed, korrekte wolklassifisering en hantering van vagte.

Skeerders, wat in twee kategorieë deelneem, naamlik handskêr- en masjienskeer, word beoordeel op grond van spoed en kwaliteit.

Volgens Hendrik Botha, voorsitter van die Nasionale Skeerfederasie, word die nasionale kampioenskappe reeds vir meer as 25 jaar gehou en is dit baie gewild onder toeskouers.

“Skaapskeer is ’n amptelike nasionale sport in Suid-Afrika en hoewel skeerders normaalweg op die plaas bloot ’n werk verrig, is die omstandighede in die kompetisie baie anders. Dán is dit ’n hoogs kompeterende sport en baie opwindend.”

Volgens Botha is dit die eerste keer dat die nasionale kampioenskappe in die Wes-Kaap gehou gaan word.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za