KWV het op 1 September die Golden Kaan handelsmerk by Racke (Duitsland) oorgeneem. KWV het voorheen 50% van Golden Kaan Bpk besit. Met die oorname sal KWV die handelsmerk nou ten volle met sy internasionale portefeulje integreer. Die handelsmerk sal bestuur word deur KWV se internasionale verkope en bemarkingspan in die Paarl. Die Racke groep sal voortgaan om Golden Kaan in Europa te versprei.