Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Forum ondersteun werkloses in die Paarl

Forum ondersteun werkloses in die Paarl
 
2009-09-10


DIE eerste vergadering van die nuut-gestigte NB4 forum is onlangs in die konsistorie van die NG Kerk Paarlberg NG gehou. Die forum poog om mense wat werksverlies in een of ander vorm ervaar, te ondersteun.

Die lesing is aangebied deur George Rauch van NB4 en het gehandel oor die trauma wat met verlies van inkomste gepaard gaan.

Daar is gefokus op die proses van beweeg van verlies na integrasie, van stagnasie na leer en groei. Daar is veral gefokus op fase 3, waar die persoon angstig en verward voel. Sodra daar verby hierdie fase beweeg is, kan die individu fokus op die toekoms en het die persoon meer vertroue.

Mense wat deur een of ander vorm van werksverlies geraak word, word aangemoedig om die Paarlberg NGK kantoor te kontak vir verdere inligting rakende die forum by paarlberg@new.co.za

Die volgende vergaderings is op 17 September – Leer en Groei, op 15 Oktober – Stres, en op 19 November – Blaam.

Daar word ook twee kursusse in Parow aangebied op 29 September - Job Hunting en 30 September - Entrepreneurskap.

Navrae oor die kursusse kan ook by die kerkkantoor gedoen word. Skakel 021-872-8072.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za