DIE kleuterskool Little Soldiers in Klapmuts hou Vrydagaand 11 September om 19:00 by die Full Gospel Kerk in Klapmuts hul Debutante-aand.
Die gaskunstenaar Shaun Tait, ’n Supersterre wenner, sal die gaste vermaak. Daar sal ook ’n modevertoning van kleutermodes gehou word.
Kaartjies is R20 (R10 vir kinders onder 12 jaar). Almal is welkom. Vir kaartjies, kontak Lee-Anne Witbooi by 076-095-9268.