DIE Tygerberg Kinderkoor tree op Saterdagaand om 19:30 by die Hugenote Laerskool op Wellington op.
Die koor het onlangs tweede plek behaal in die groot węreldkoorspele-wedstryd wat in Oostenryk aangebied is en het deurgedring tot die finale ronde van die ATKV se Animato Koorkompetisie. Die koor gaan Saterdag die gehoor met ’n uitsoek-program bekoor.
Kaartjies is te koop by die Write Shoppe (Markpleinsentrum) in Wellington, by die deure of by Annerie van Eeden by 072-296-0903 of 021-873-7790 na ure.