Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Lag ’n slag by die Cultivaria

Lag ’n slag by die Cultivaria
 
2009-09-10


SIEN van die land se beste komediante in aksie tydens vanjaar se Cultivaria kunstefees aangebied deur FNB en Drakenstein Munisipaliteit.

Vanaf 23 tot 27 September bied Cultivaria komiese vermaak uit die boonste rakke om feesgangers in ’n ligte luim te bring.

Marion Holm is terug met Sussie se grootste treffers in Sussie: Cheers! en die immergewilde Karin Wessels beloof om gehore te laat skater met die terugkeer van Groet die Grotvrou.

Rian van Heerden laat weereens geen heilige koeie in vrede nie tydens Siek en Saad, terwyl Eric Nobbs sy Cultivaria-buiging maak met die Langenhoven geïnspireerde solovertoning Doppers en Filistyne.

Lizz Meiring vermaak met ’n magiese fantasie in Vrou in die Maan en Boetman is terug met Boetman is Bedonnit II.

Cultivaria se feeskalender spog ook met produksies deur van die land se top vermaaklikheidsterre soos Nataniël, die Bala broers, Coenie de Villiers, Rory Rootenberg, Mathys Roets, Chris Chameleon, Jak de Priester, Nianell, Dozi en David Kramer.

Die Liqui-Fruit kinderteater sorg vir pret vir die jongspan met lekker aktiwiteite en vertonings om hulle heeldag besig te hou.

Geniet heerlike eetgoed, keurwyne en lekker musiek by die Heinz emporium by die Faurestraat-stadion. Toegang na die emporium word ingesluit by elke vertoningskaartjie, terwyl dagbesoekers R40 by die hekke betaal. Kaartjiesbesprekings kan gedoen word by www.cultivaria .com (slegs kredietkaartbetalings word aanvaar). Vir navrae, kontak die Cultivaria by 021-872-9754.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za