Lifestyl Calendar
2009-09-10
* Derby. Saterdag (09:30) hou Nuwedrift Primêre Skool en Simondium Primêre Skool derby by Nuwedrift Primêr se skoolgronde. Toegang is R5 per persoon en R5 vir voertuie. * Dans. Die Wellington Daghospitaal in samewerking met die gesondheidkomitee hou op 18 September (19:00) ’n Lentedans in die Wellington Stadsaal teen R40. Die Unity Brass Band tree op. * Seminar. A Famsa seminar will be held on 15 September at 08:30 at the Afrikaans Language Museum in Paarl to help parents with parent-child problems. The facilitator Anne Cawood, a school social worker, family counsellor and mediater, will discuss issues like, how to build healthy self-esteem in a child and how to praise and encourage your child more. Tickets cost R250 and include tea and refreshments. Book before 11 September on 021-872-2700. * Spiritual. House of Revival presents a Prophetic Holy Spirit Encounter on Sunday (18:00) at the Boy Scout Hall in Klein Parys. The preacher on the theme A new day has dawned, is Dr Keary Dickson from Canada. Contact 072-151-0495. * Sportdag. Bergendal Intermediêre Skool bied Saterdag ’n sportdag aan op die skoolterrein in Agter-Paarl, met wedstryde teen verskeie skole. * Fondsinsameling. Hoër Jongenskool Paarl hou ’n fondsinsameling op 19 Oktober by die Barn-yard-teater, Willowbridge Mall, om 20:00. Kaartjies vir die opvoering Rock Circus kos R120 en besprekings kan gedoen word by uru thard@paarlboyshigh.org.za. * Vergadering. Badisa Wellington hou op 17 September om 18:00 hul algemene jaarvergadering by die Breedt-saal in Wellington. Almal is welkom. Kontak 021-873-4274. * Praatjie. Die VLV Klein Drakenstein vergader op 16 September (09:30) by die Klein Drakenstein skooltjie op die Sonstraalpad. Aleta Alberts van die winkel 9 to 5 sal demonstreer hoe om dol laslapwerk doen. Kontak 021-863-3243. * Gesluit. Woensdag 23 September sal Hoofstraat tussen Elizabeth, Berg- en Haarlemstraat gesluit wees van 08:00 tot 06:00 die volgende oggend vir die Bovril Langtafel-dinee. Inwoners van Berg- en/of Haarlemstraat word nie geraak nie en permitte sal uitgereik word aan inwoners van die geslote gedeelte wat beheerde toegang sal hê. Sou dit reën verskuif alle reëlings na 27 September.
More
News
|