DIE Wes-Kaapse Staffordshire Bulterriërklub bied Sondag hul Ope Trofeeskou aan op die Brackenfell Krieketterrein in Witelsstraat.
Inskrywings is vanaf 09:00 tot 11:15 en beoordeling begin om 11:30. Die klubhuis is beskikbaar in geval van reën. Alle opreggeteelde Staffies vanaf vier maande is welkom. Kontak 021-976-6412 vir navrae.