Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugby-flitse

Rugby-flitse
 
2009-09-10


PAARL UITKLOPRUGBY

Die bekerhalfeindstryd-bepalings vir Saterdag is: (1ste Spanne) Laer Paarl vs Young Standards (Dal A); Riverstones vs Allandale (Dal C).

(2de Spanne) Simondium vs Pêrel United (Dal A); Violets vs Young Standards (Dal C).

(3de Spanne) Young Standards vs Laer Paarl (Dal A); Young Gardens vs Violets (Dal C).

Die plaathalfeindstryd-bepalings vir Saterdag is: (1ste Spanne) Windmeul United vs Young Gardens (Dal B); Violets vs Simondium (Dal D).

(2de Spanne) Windmeul United vs Laer Paarl (Dal B); Young Gardens vs Riverstones (Dal D).

(3de Spanne) Violets vs Windmeul United (Dal B); Pêrel United vs Simondium (Dal D). Junior wedstryde begin 09:00 en senior wedstryde 13:30.

ALBIONS PAK RANGERS

Die Rugbyklubs van Albions en Rangers sê mekaar Saterdag die stryd aan in hul jaarlikse derby-ontmoeting op die Faurestraat-stadion. Hekke open om 09:00, met die hoofwedstryd wat 16:30 sal plaasvind. Toegang is R10 (R5 vir kinders).

YOUNG STARS GEKROON

Young Stars is 2009 se Boland Rugby-unie liga-kampioene ná afloop van Saterdag se 14-9 oorwinning oor Warriors op Boland se A-veld.

Stars se Quewin Hendricks het twee drieë gedruk, met Christopher Johannes en Christo Fransman wat dié drieë verdoel het. Ander uitblinkers, was Donovan Abrahams, Petrus Rudolph, Claudiaan Abrahams en Jacques Kleynhans.

VILLAGERS TRAP GOEDVERWAGT

Villagers Newton het Saterdag verras deur Goedverwagt verspot maklik met 35-11 te verslaan.

Villagers het altesaam 5 drieë behaal. Driedrukkers was Sean Paulse, Garth Davids, Bjorn Hollenbach, Lee-Irwin Alexander, en 1 strafdrie. Hollenbach (2 doelskoppe en ’n strafdoel) en Alexander (1 skepdoel) het die ander punte bygevoeg.

Die klub bied op 19 September ’n Snack Dance aan by Dalweide Primêr, Public Opinion sal die musiek verskaf.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za