Werkswinkel oor media-skryfwerk
2009-09-17
DIE derde werkswinkel in die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum se reeks oor media-skryfwerk, naamlik Skryf vir die Media III: Media-artikels, vind op 12 Oktober plaas. Hierdie werkswinkel word aangebied vir skakelbeamptes of persone wat skakelfunksies moet verrig, maar spesifiek vir persone wat reeds ondervinding het in die skryf van media-artikels. Deelnemers sal vooraf ’n media-artikel ter voorbereiding van die werkswinkel moet skryf, en ook terugvoer te kry op ’n intensiewe en interaktiewe manier. Kontak 021-808-2167 of taalsentrum@ sun.ac.za.
More
News
|