Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Waardering vir natuurprojek

Waardering vir natuurprojek
 
2009-09-17


DIT is met groot waardering dat die Munisipale Wykskomitee Paarlberg (Wyk 15) in die Paarl Post van Donderdag 10 September verneem het van die inisiatiewe van Paarl Media en Colors Fruit om die uitheemse plantegroei wat die Paarlberg Natuurreservaat bedreig, uit te roei.

In die proses sal die verfraaiing en vertroeteling van die inheemse plantegroei ook bevorder word en die Paarlberg tot sy reg kom as ’n besienswaardige toeristebestemming.

Daar word vertrou dat hierdie projek en die verdere uitbouing daarvan ander instansies soos die Paarlse Sakekamer, sowel as ander belangstellendes wat die gemeenskapsbelange van die Paarl op die hart dra, sal aanspoor om ook hulle gewig agter hierdie prysenswaardige onderneming in te gooi.

Die komitee wil hom verstout om te voorspel dat indien hierdie bate reg bestuur word, dit mettertyd net so bekend soos Kirstenbosch kan word. JA Louw




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za