Spreiligte by Taalmonument in Paarl pla 2009-09-17
KAN iemand verduidelik hoekom dit nodig is dat die twee leë parkeerterreine onder die Taalmonument aand na aand verlig word?
Die parkeerterreine word afgesper met kettings en sluitpale, so as die ligte daar is om mense te weerhou daarvan om dit as ’n “parkeerplek” te gebruik, is dit onnodig.
Nie net is die ligte onooglik nie, maar die vermorsing van energie is onregverdigbaar.
Anti-vermorsingIsabeau Botha van die Afrikaanse Taalmuseum reageer: Die parkeerterreine was verlig vir sekuriteitsredes. Die ondergrondse elektrisiteitskabels by die amfiteater is reeds twee keer gesteel, wat ons oor die afgelope twee jaar teen ’n koste van R400 000 moes vervang. Een van die sekuriteitswagte wat ons moes aanstel is onlangs aangeval en moes vir ’n week gehospitaliseer word. Die ondergrondse kabels is onlangs met beton toegemaak en die ligte is sedertdien afgeskakel.