DIE Daniëlkonferensie (wat handel oor hoe om ’n man van God te wees in die gesin, onder die manne, in die werksplek en in die huwelik) vind plaas op Vrydag 18 September om 18:00 en Saterdag 19 September om 08:00 in die Strooidakkerk.
Die konferensie word afgesluit met ’n spesiale diens op Sondag 20 September vir die mans en hul metgeselle.
Die predikante van die NGK Moreletapark bied die konferensie aan.
Die sprekers is Willem Badenhorst, Dirkie van der Spuy, Stephan Joubert en Braam Grobbelaar met DVD getuienis deur Philip Coetzer, Carel Smit, Neil Louw en Pierre Spies.
Die kursus fooi is R150 en sluit tee en Saterdagmiddagete in. Vir meer inligting, kontak gerus vir Maureen by 021-872-4396.