Rugby-flitse
2009-09-17
BOLAND KAVALIERS
Die Kavaliers pak Saterdag 15:00 die Blou Bulle op die Boland-stadion.
STREEK-UITKLOPFINALE
Saterdag se bepalings vir die Paarl Streekuitklopfinale is: * Eerste spanne - (bekerfinaal) Riverstones vs Laer Paarl, Daljosafat-stadion 17:30; (plaat) Young Gardens vs Violets, Daljosafat-stadion 16:00. * Tweede spanne - (beker) Young Standards vs Simondium Daljosafat-stadion 14:45; (plaat) Young Gardens vs Laer Paarl, Daljosafat A 14:45. * Derde spanne - (beker) Young Standards vs Young Gardens, Daljosafat-stadion 13:30; (plaat) Violets vs Pêrel United, Daljosafat A 13:30.
EVERGREENS PAK WINDMEUL
Evergreens Rugbyklub (Paarl) en Windmeul United pak mekaar Saterdag in hul jaarlikse derbywedstryd. Met Evergreens wat vanjaar goed gevaar het in die Boland se President-liga en Windmeul wat hul staal in die Paarl Streek-liga getoon het, beloof dié wedstryd vuurwerke. Wedstryde begin 09:00 op Evergreens Park, met die o.12, o.14 en o.16 wedstryde wat gespeel sal word. Veterane-spanne sal voor die hoofwedstryd in aksie wees. Toegang is R7 (R5 vir voertuie).
OU APOSTOLIESE KERK HOU DERBY
Die Ou Apostoliese Kerk bied op Erfenisdag (24 September) derbywedstryde aan op Gardens Park. Evergreens (Huguenot) en Hills United (Groenheuwel) sal mekaar die stryd aansê. Wedstryde begin 10:00 met die hoofwedstryd om 15:00. * Eerskomende Saterdag 12:00 bied die Ou Apostoliese Kerk derby-netbalwedstryde aan tussens Evergreens en Hills United op die Boy Louw-bane. Kontak priester W Warries by 076-547-6686.
RIVERSTONES HOU FUNKSIE
Riverstones hou Saterdag ’n funksie (disko) by die Daljosafat-stadion. Worsrolletjies sal beskikbaar wees. Kontak Jessica by 079-016-3716.
More
News
|