Vrou gegryp in Paarl middedorp
2009-09-17
’n VIER-EN-TWINTIGJARIGE vrou het verlede week nog ’n slagoffer geword van wetteloosheid in die Paarlse middedorp. Sarina Moses is Woensdagmiddag, helder oordag, deur vyf jong mans naby Standard Bank in Lady Greystraat aangekeer. Een van die jong mans het haar met ’n mes gedreig, terwyl ’n ander een haar selfoon en beursie gegryp het. Hulle het hierna gevlug. Enigiemand met inligting oor hierdie voorval, asook enige misdaadbedrywinghede in die middedorp, kan vir insp Sampie Fourie skakel by 079-894-1406.
More
News
|