Dwelmsmouse gefnuik
2009-09-17
Lise Beyers
DWELMSMOUSE se planne is Maandag gefnuik toe Paarl polisielede beslag gelê het op byna 100kg dagga in die Dutoitskloof-pas. Lede van misdaadintelligensie is al ’n geruime tyd lank op dwelmsmouse se spoor, wat dikwels Dutoitskloof gebruik as oorhandigingspunt van dagga wat van die Oos-Kaap onderweg is na die Kaapse straathandel. Die polisie het inligting opgevolg oor ’n groot besending dagga wat op pad is, maar toe hulle in die pas toeslaan op twee verdagte smous-motors, het die insittendes die voertuie verlaat en te voet die berg ingevlug. Twee van die dwelmsmouse het selfs hulle netjiese skoene uitgetrek voordat hulle die bosse ingevlug het. Polisieversterkings is ingeroep en die gebied is gefynkam vir die voortvlugtiges, maar hulle het soos bobbejane die berg in verdwyn. Die goeie nuus is wel dat vier reuse-sakke dagga gevind is in die kattebakke van die motors, wat andersins op straat verkoop sou word. * Paarl police seized almost 100kg worth of dagga which was underway from the Eastern Cape to Cape Town.
More
News
|