Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pniel Villagers buig die knie

Pniel Villagers buig die knie
 
2009-09-17


PNIEL VILLAGERS het Saterdag, in ’n weg-wedstryd, hul rieme styf vasgeloop teen ’n vasberade Kuilsrivier-span.

Met ’n eindtelling van 31-15, was dit vanuit die staanspoor duidelik dat die Kuile vasbeslote was om as oorwinnaars van die veld te stap.

Nadat die besoekers in die eerste minuut voorgeloop het met ’n strafskop, het die tuisspan met mag en mening tot die aanval oorgegaan en binne die bestek van vyftien minute drie pragtige drieë gedruk.

Pniel het egter moedig teruggeveg en self twee drieë aangeteken wat die rustydtelling op 24-15 te staan gebring het.

Die Pniel manne het in die tweede helfte moedig probeer, maar kon nie behoorlik afrond nie. Die laaste spyker is minute voor die eindfluitjie ingeslaan toe die tuisspan ’n verdere doel behaal het om die wedstryd te beklink.

Puntemakers vir Pniel was een drie elk deur Fernando Adams en Edwin Meyer, terwyl Dimitri Nobel met ’n straf- en doelskop geslaag het.

Pniel speel Saterdag hul laaste wedstryd tuis teen Bellville-Tech.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za