Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Spring gou vir Cultivaria-kaartjies

Spring gou vir Cultivaria-kaartjies
 
2009-09-17


INDIEN jy graag ’n produksie by vanjaar se Cultivaria (aangebied deur FNB en die Drakenstein Munisipaliteit) wil sien, moet jy gou spring om kaartjies te bespreek.

Die Paarl staan slaggereed om die room van Suid-Afrikaanse vermaakwęreld te verwelkom by die ‘fees met finesse’ vanaf 23 tot 27 September.

Vanjaar se feeskalender is ’n kultuurkaleidoskoop van musiek, dans, teater, kuns en komedie.

Enige musiekliefhebber sal iets kry wat in sy smaak val met ’n keuse van gewilde popliedjies, tot immergroen rock-treffers, woordkuns, volksliedjies tot ŕ capella en klassieke musiek.

Kaartjieverkope vorder fluks, so bespreek nou aanlyn as jy jou gunsteling-kunstenaars in aksie wil sien. Baie van die produksies word eksklusief by Cultivaria opgevoer, so moenie vir David Kramer en sy orkes, Dozi en Nianell se It Takes Two, die towerstemme van die Bala broers, Coenie de Villiers, Mathys Roets en die immergewilde Nataniël en Chris Chameleon misloop nie.

Vir fenomenale vermaak behoort die skitterende produksie Rapport Musiek Maestro’s vir ’n hoogtepunt op die feeskalender te sorg. Top kunstenaars soos Lize Beekman, Brandon October, Jannie Moolman, Annake de Villiers en Jak de Priester span saam in hierdie musikale extravaganza en sing nie net van hulle bekendste treffers nie, maar beloof ook om gehore te vermaak met musikale verrassings.

Die snare gaan beslis getokkel word tydens vanjaar se fees met van die land se top kitaarkunstenaars in aksie: Mathys Roets, Mel Botes, Blackie Swart, Wouter van de Venter, Leon Ecroignard en Thean Kotze saamspan met nuwe vertolkings van rock-treffers soos Hotel California in Ses Snare.

Goeie kos, keurwyne en lewendige musiekvertonings is aan die orde van die dag by die Heinz Emporium by Faurestraat-stadion. Feesgangers kan tussen produksies daar inloer om bietjie te ontspan. Toegang na die emporium is ingesluit by die aankoop van enige vertoningskaartjie (andersins kos dit R40).

Kosliefhebbers kan gerus ’n sessie in die Bokomo Kombuis bywoon, waar top sjefs, kosredakteurs en bekendes daagliks kookdemonstrasies aanbied.

Die Liqui-Fruit kinderteater en speelgrond maak weereens spesiaal voorsiening vir die jongspan. Pret-aktiwiteite en opwindende vertonings word daagliks aangebied om die jonger feesgangers te vermaak, terwyl hulle ouers ander produksies bywoon.

Vir aanlyn-besprekings, besoek www.cultivaria.com (slegs kredietkaartbetalings). Vir navrae, skakel die feeskantoor by 021-872-9754.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za