Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples kry behoorlik slae

Peoples kry behoorlik slae
 
2009-09-17


YOUNG PEOPLES het Saterdag gesukkel om die Superliga B wenners, Valsbaai, in toom te hou in Constantia.

Die Tiere het met 18-44 vasgeval.

Hulle het goed begin en eerste punte aangeteken met ’n strafdoel deur die losskakel Dimitri Isaacs.

Gebrekkige verdediging agterlangs het veroorsaak dat die Tiere vinnig twee drieë voor rustyd afgestaan het.

Sam Titus het net voor rustyd vir die Tiere onder die pale gaan druk.

Ongelukkig vir die Tiere het hul skoppers hul skopskoene by die huis vergeet en reeds in die eerste helfte met ses pogings pale toe verbrou.

Die spanne het gaan rus met die telling op 15-13 in Valsbaai se guns.

Ná rustyd het die Tiere se wiele afgeval en hulle het toegelaat dat Valsbaai totaal beheer oor die wedstryd neem, toe hulle vinnig drie drieë gedruk het.

Morné Willams het ná goeie opvolgwerk die Tiere se tweede drie gaan druk, maar dit was tevergeefs.

Ongeag dié nederlaag, het die Tiere hul man deeglik in die skrums en lynstane gestaan.

Om die afgelope seisoen op te som, het die span van Young Peoples goed rekenskap van hulself gegee in die Superliga B kompetisie, deur sesde te eindig om weer volgende jaar in dié strawwe kompetisie mee te ding.

Peoples II het 7-43 verloor en die derdes het 0-34 die knie gebuig.

) Young Peoples se Big Brag vind plaas op Vrydag 18 September 2009 by Charlies. Toegang is R15.

Peoples se derbywedstryd teen Blues vind plaas op Saterdag 26 September.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za