Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Blues pak Stones in finaal

Blues pak Stones in finaal
 
2009-09-17


’n NUWE Uitklopkampioen sal Saterdag gekroon word wanneer Laer Paarl en Riverstones teen mekaar te staan kom in die 2009 Streek Uitklopfinaal. Dié wedstryd sal 17:30 op die Daljosafat-stadion beslis word.

Laer Paarl het ietwat verras deur die 2008 uitklopkampioen, Young Standards, in ’n naelbytstryd met 14-11 te klop verlede Saterdag en kom dus te staan teen die Streekligakampioen, Riverstones, wat op sy beurt heeltemal te sterk was vir Allandale. River-stones het gemaklik met 47-15 gewen.

Die plaatfinaal sal beslis word tussen Young Gardens, wat vir Windmeul 34-12 verslaan het, en die onvoorspelbare Violets, wat Simondium met 54-7 getrap het.

Die Plaatfinaal begin om 16:00 op die Daljosafat-stadion.

In die tweede span-bekerfinaal, pak Young Standards vir Simondium. Standards het verlede Saterdag vir Violets met 24-8 geklop terwyl Simondium vir Pêrel United met 34-15 verslaan het. Dié wedstryd begin om 15:45 op die Daljosafat-stadion.

In die tweede span-plaatfinaal, kom Laer Paarl te staan teen Young Gardens op die A-veld. Laer Paarl het vir Windmeul 30-12 geklop en Gardens het vir Riverstones 15-8 gewen.

In die derde span-bekerfinaal pak Young Standards se derde span vir Young Gardens III om 13:30 te Daljosafat-stadion. Verlede naweek het Standards vir Laer Paarl 8-5 verslaan en Gardens het Riverstones se bekerdrome met 13-0 verydel.

Die plaatfinaal tussen die derde spanne van Violets en Windmeul word op die A-veld beslis, nadat eersgenoemde vir Windmeul met 6-3 geklop het en Pêrel United vir Simondium met 10-3 uitgeskakel het.

Die juniorfinaal begin om 09:00.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za