Bainskloof Ultra-marathon op Erfenisdag
2009-09-17
DIE jaarlikse Bainskloof Ultra-marathon vind volgende Donderdag 24 September, in Wellington plaas op Erfenisdag. Die begin en eindpunt is by die Hugenote Hoërskool en dit bestaan uit ’n 63,3km ultra-marathon, 21,1 km half-marathon en ’n 10 km pretdraf (of pretloop). Die 63,3km ultra-marathon spring 06:00 weg en gaan oor die Bainskloofpas en draai by Bergsigkelder aan die anderkant van die berg. Inskrywings is R150 en die sluitingsdatum vir inskrywings is môre (18 September). ’n T-hemp word ingesluit. Registrasie vind Woensdag 23 September plaas tussen 11:00 en 20:00 en Donderdag 24 September tussen 4:30 en 5:30, by Hugenote Hoërskool. Die 21,1 km half-marathon spring 07:00 weg en volg dieselfde roete as die ultra-marathon, en klim teen die pas uit met die draaipunt by Gawie se Water. Inskrywings is R35 (plus R20 tydelike lisensiegeld indien nie ’n lid van ’n klub nie). Die 10 km pretdraf/loop spring 09:00 weg en volg ’n roete deur die dorp en dan met die Perdeskoen om. Inskrywings is R20 en stappers is welkom. Aanlyn-inskrywings sluit op 18 September. Laat inskrywings sal egter aanvaar word met registrasie. (Woensdag 23 September tussen 11:00 tot 20:00 en Donderdag 24 September tussen 4:30 en 06:00 by Hugenote Hoërskool). * Inskrywingsvorms is op die webblad beskikbaar by www.bainskloofultra.co.za of by die Wellingtonse inligtingskantoor. Vir navrae, kontak 082-925-7190.
More
News
|