Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oud-Gimmie reik na die sterre

Oud-Gimmie reik na die sterre
 
2009-09-17


’n OUD-LEERDER van Hoërskool Gimnasium, Tobi Jooste, gaan binnekort op KykNet te sien wees waar hy as aanbieder van sy eie reeks verskyn.

Die splinternuwe produksie, Reik Na Die Sterre, is op 28 November om 20:00 op die betaalkanaal te sien.

Die program waarborg vermaak uit die boonste rakke en ’n hele paar verrassings.

Reik Na Die Sterre is ’n konsertprogram wat ’n hutspot van kunstenaars as gaste gaan ontvang, en die lys lees soos ’n behoorlike “who’s who” van die Suid-Afrikaanse Musiekbedryf.

Jooste, wat ook ’n sanger is en landswye bekendheid verwerf het met sy asemrowende vertolkings van veral Italiaanse en meer klassieke musiek, is die ster-aanbieder.

Sy baritonstem maak die meeste vroue se knieë lam en as goeie teenvoeter vir sy musiekkeuse vertel hy skreeusnaakse stories oor sy wedervaringe op die platteland.

Tobi doen ook modelwerk en is op advertensieborde te sien oral in Afrika.

Sy boek, Inluister, is ’n versameling van dié stories.

Jooste het pas ’n CD-kontrak gesluit met Storm Rekordz.

Sy nuutste en vierde CD sal teen einde Oktober op die rakke wees.

Wat Reik Na Die Sterre so besonders maak, is dat die publiek kan deel in die opnames van die reeks.

Opnames vind vanaf 5 Oktober tot 11 Oktober plaas by die Willowbridge Barnyard in Durbanville.

’n Lekker bonus is dat die aand-opnames uit twee vertonings sal bestaan. Die gehoor sal interaktief deel wees van die hele ervaring, en kan dalk hulself op TV sien! Kaartjies kan by Computicket, die teater self of by www.barn yardtheatres.co.za bespreek word, en ’n lys van kunstenaars en optredes is ook op die webtuiste beskikbaar. Besoek www.barnyardtheatres.co.za vir meer inligting. Sy boek, Inluister, kan bestel word op www.tobijooste.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za