Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vroue maak pragtige juwele

Vroue maak pragtige juwele
 
2009-09-17

Liezl Dyson

’n GROEP van 24 vroue van Klapmuts wat voorheen werkloos was, het nou 25% aandele in die bemagtigingsbesigheid, Ruby Rose Pearl.

Ruby Rose Pearl spesialiseer in troujuwele en ontwerpjuweliersware wat by dagdrag en aanddrag gedra kan word. Van die stukke sal binnekort by winkels te koop wees.

Volgens Lize Erasmus, bestuurder van Ruby Rose Pearls, is die projek deur die NG Kerk Suider-Paarl op die been gebring.

“Die vroue was reeds genader deur die kerk. Ek het net op die regte tydstip op die toneel verskyn met presies dieselfde doel as die kerk. Ek het vroue gesoek en aanvangskapitaal en hulle het klaar die vroue en perseel gehad en het iemand gesoek om die projek oor te neem,” het Erasmus gesê.

Volgens haar werk die vroue vir hulself binne die besigheid. Die vroue se handewerk kan besigtig word by die NG Kerksaal in Klapmuts, waar hulle werkswinkel is. Vir navrae, kontak 082-378-1213 of info@rubyrosepearls.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za