EEN Saterdagoggend 04:30 het ons bure met vriende teruggekom van waar ook al hulle was. Hulle het erg lawaai en om 05:15 het ek die Paarlse polisie gebel om dit te rapporteer. Hulle het my belowe hulle stuur dadelik iemand uit.
Om 05:45 het geen polisielid nog opgedaag nie en ek het weer die algemene nommer gebel. Die dame wat geantwoord het, het my meegedeel dat hulle 06:00 gaan skofte ruil, dus sal geen polisievoertuig nou uitgestuur word nie.
Ek bel toe die sektornommer wat ’n selfoonnommer is om 05:47 en noem die probleem wat ek het en dat die algemene nommer se dame my meegedeel het dat niemand nou sal uitkom nie, aangesien skofte geruil word.
Hy het my belowe hy sal dadelik ’n voertuig stuur. Geen polisievoertuig het ooit opgedaag nie.
Watter tipe diens lewer ons polisie? Word rusverstoring nie meer as ’n klagte ernstig genoeg geag om aandag aan te gee nie.
Ek kan verstaan hoekom sommige mense die “gereg” in hulle eie hande wil neem, want duidelik is dit dat skofruiling voorkeur kry bo die publiek se klagtes.
Skandelik!
TanyaDie Paarl polisie is toegewy tot effektiewe dienslewering aan die gemeenskap. Die klaer word versoek om ’n amptelike klag te lê by die stasiekommissaris, senior superintendent Sharon Govender, vir verdere onderoek. Amptelike klagtes kan ook oorgedra word aan die kommunikasie-offisier, kaptein Louise du Plessis, by 082-850-9614.